Die Ambassadeursklub 100 is 'n stylvolle NPC-organisasie waar vroue saamkom om te verbind, mekaar te inspireer en 'n betekenisvolle verskil in hul gemeenskappe te maak.
Ons missie is om vroue te bemagtig deur netwerkgeleenthede, sosiale betrokkenheid en betekenisvolle projekte wat 'n blywende positiewe impak op die gemeenskap het.
Ons waardes:
Omgee * Integriteit * Vriendskap * Diensbaarheid * Gemeenskapsontwikkeling
Die Ambassadeursklub 100 is betrokke by verskeie liefdadigheidsorganisasies.
Die volgende liefdadigheidsorganisasies is gedurende die afgelope twee jaar deur die klub finansieël ondersteun:
Abraham Kriel kinderhuis
ATTSA
Careson Angels
Die Bramley Kinderhuis / Childwelfare Tshwane
Die Voortrekkermonument
Eden Akademie
Eljada Huis
Groei Goggas
Helpende Hand
Huis Piek ('n ouetehuis)
Mega Voice (Bybelverspreiding in verskeie tale)
Prinshofskool
Rock of Hope (plek van veiligheid)
Uitkoms ('n huis vir volwasse gestremdes)
Woman Against Rape (WAR)
Gemeenskapsondersteuning:
‘n Handsakprojek is geloods vir minderbevoorregtes.
Matrieks in nood word bygestaan met hulle matriekafskeide: hare, fotograaf, naels, rok, juwele en vervoer om hul matriekafskeid spesiaal te maak.
Prinshofskool word voorsien van oudio- Bybels en Bybelverhale in samewerking met Mega Voice.
Voedingsprojek van die Ambassadeursklub 100 deur gevulde bottels met kosmengsel word aan behoeftige gemeenskappe en persone in nood verskaf.
Die Ambassadeursklub 100 reageer op individuele versoeke soos: ‘n voetoperasie om ‘n kind weer te kon help met haar beweging, gesinne finansieël te ondersteun wie se huise afgebrand het, invordering van klere, kos, linne en komberse, ens. wat kan help vir mense in nood.
Fondsinsamelings deur die reël van konserte en gholfdae ten einde fondse in die gemeenskap te ploeg.
Vriendskaplike uitstappies waar dames kan ontspan en idees kan uitruil.
Bywoning van konferensies ( Helpende Hand & ATTSA), asook die bywoning van ander klubs of organisasies se funksies.
Omgee-mark elke tweede Saterdag ten bate van minderbevoorregtes.
Handsakprojek vir minderbevoorregte vroue
Matriekafskeid-ondersteuning vir leerders in nood
Oudio-Bybels en -verhale vir Prinshofskool
Voedingsprojek met gevulde bottels kosmengsel
Hulp aan gesinne en individue in krisissituasies
Fondsinsameling deur konserte en gholfdae
Omgee-markdag elke tweede Saterdag