Met diepe trots vier ons 45 jaar van die Ambassadeursklub 100 – ’n nalatenskap gebou op verbondenheid, visie en die krag van vroue wat saam ’n verskil maak.
Gestig in ’n tyd van groei en verandering in Suid-Afrika se sosiale en sakewêreld, het die klub sy ontstaan te danke aan merkwaardige denkleiers, waaronder Frieda van Rensburg (moeder van Brumilde van Rensburg) en die bekende sakeman Sol Kerzner, ikoniese sakeman, visioenêr wie se invloed vandag nog eggo.
Hulle visie was eenvoudig, maar kragtig: om mense bymekaar te bring op ’n manier wat werklike waarde en blywende impak skep.
Die betekenis van die “100” in Ambassadeursklub 100 weerspieël hierdie visie – tien vriendinne nooi elk tien vriendinne, en saam vorm hulle ’n netwerk van honderd vroue.
’n Kring van invloed, inspirasie en daadkrag wat gemeenskappe verlig deur volhoubare projekte en opregte betrokkenheid.
Oor vier en ’n half dekades het die klub ontwikkel tot ’n ruimte waar verhoudings verdiep, idees gedeel en lewens geraak word.
Dit is hier waar elegansie en empatie ontmoet – waar sosiale samekomste ’n groter doel dien en waar elke lid deel word van iets betekenisvol.
Hierdie jaar lui ’n nuwe era in met die amptelike registrasie van die Ambassadeursklub 100 as ’n nie-winsgewende organisasie (NPO). Met hierdie stap versterk ons ons verbintenis om nie net te inspireer nie, maar om daadwerklik hoop te bring waar dit nie meer bestaan nie.
Ons vier nie net jare nie, maar impak. Nie net geskiedenis nie, maar ’n lewende nalatenskap. Mag die toekoms van die Ambassadeursklub 100 net so stylvol, betekenisvol en transformerend wees soos sy verlede.
Wilna Brits
Voorsitter: Dr Wilna Brits
05/2026
Voorsitter
Tesourier
Media & Skakeling
Seketaresse & Besprekings
Vermaak
Lief & Leed
Looitjie verkope